
Platberg
Kleuterskool
Leoni Ellis
'n Bietjie meer
Vandat ek 15 was het ek uitgehelp by kleuterskole, tot nou is dit 17 jaar wat ek met kinders werk. Ek het van jongs af n groot liefde vir kinders en net geweet ek kan n verskil in elke kind se lewe maak, al is dit net liefde.
​
Ek hou van pasta, vakansie hou in Kaapstad en tyd spandeer met my gesin in die buite lug.
​
Nadine Clark
'n Bietjie meer
Ek is gebore in Johannesburg. Ek het op die ouderdom van 15 begin kinders oppas. Ek het ook voorheen vir graad 1-3 klas gegee by n skool vir kinders met spesiale behoeftes.
​
Dit is vir my belangrik om seker te maak dat jy waardes en ingesteldhede aan die kinders oordra. Ek is hier om 'n
verskil in elke kind se lewe te maak.
​
Geluk kan altyd gevind word, selfs in die donkerste tye, as jy net onthou om die lig aan te skakel.
Bybelvers: Matthew 19:14

Shanie Marais
'n Bietjie meer
Ek is in Bloem gebore. En het in PE groot geword, het deel van my hoërskool loopbaan in Houtbaai in n dowe skool gedoen, en het toe in PE gematrikuleer. Ek het tandheelkunde Assistensie geswot in CUT in Bloem in 2006. Ek is getroud en het 2 pragtige dogters. Ek hou daarvan om tyd saam my familie te spandeer.
​
Ek hou baie van by my huis bly, en geniet familie tyd saam met my gesin.
​
​11. Johannes6:35 En Jesus se vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na my to kom ,sal nooit
honger kry nie; en wie in my glo, sal nooit dors kry nie.
​
Hazel Lange
'n Bietjie meer
My volle naam is Hazel-Dean maar ek verkies net Hazel
Ek bly nou al my hele lewe in Harrismith maar het skool gegaan in Bethelem(Bvhs) Ekt n groot liefde vir sport veral Hokkie en krieket! Eks n morning person​
My liefdes taal is Bemoedigende woorde​ My passies is Visvang! Of boeklees
​​
​
Ekt n groot liefde vir kinders ! My” Happy place” is saam met die kleuters en geniet dit om hulle as kinders te help groei en net Fun te he by die skool!
​
​
“If you look at what you have in life, you’ll always have more. If you look at what you don’t have in life, you’ll never have enough.” — Oprah Winfrey

Stefnee Sheperd
'n Bietjie meer
Ek is gebore in Ermelo. Is lief daarvoor om in die buitelug te wees. Ek is n ambivert, ek geniet mense en ook my alleentyd.
Ek is lief vir musiek, bak en kreatiewe . My mense. (My gesin, ouers, skoon ouers en sibbe). Alles wat hierdie mense na aan my hart betref is
my passie. As ek aards moet dink, sal ek sê kreatiewe skeppings en bak. Ek geniet dit om myself te kan uitdruk deur iets te skep of te herstel.
​
Jou beste is goed genoeg. Moenie probeer leef volgens ander se verwagtinge nie. Die Here het almal uniek geskape en daarom kan almal nie op dieselfde verwagtinge presteer nie. Moet ook nie ander meet op die aardse verwagtinge nie. Dis nie waaraan die Here ons meet nie.
​
'To the world you might be one person, but to one person you might be the world"
​
Bia Hattingh
'n Bietjie meer
Ek is in die vroëe 80’s gebore in Middelburg. Ek bly nou al 21 jaar in Harrismith en ek is baie gelukkig hier. Die winters hier bly vir my rof, maar Biltong/Droëwors en Kaggelvuur maak dit so effens lekkerder.
​
Sefanja 3:17 nie net my gunsteling nie ek is MAL oor dit, dit is myne !!!!
Ek glo dit is spesiaal vir my kinders bedoel:
Die Here jou God is by jou…. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in
Sy liefde. Hy jubel en juig oor jou…
“You can’t compete with me, I want you to win too.”

Chanel Delport
'n Bietjie meer
Ek is ‘n sterk introvert, baie saggeaard en liefdevol. Ek hou van roetine, en om georganiseerd te wees so my skool tafel moet ALTYD netjies wees voor ek huistoe gaan. “Consistency is key”. Ek hou daarvan om werk van hoë gehalte te lewer en is iemand wat glad nie van konflik hou nie! My dag kan nie begin sonder ‘n koffie en beskuit nie. Ek is mal oor musiek en love die golden oldies. Die Godheid speel ‘n groot rol in my lewe, ek is wie ek is deur
die genade van God!
​
My man sê dit klink altyd vir hom soos heeltyd speeltyd met al ons aktiwiteite. Dit
is vir my so belonend om te sien hoe die kinders ontwikkel en tot hul volle potentiaal groei met net die nodige
aandag en liefde. Elke kind is soos ‘n lucky packet verassing.
“In a world where you can be anything BE KIND!”
Spr 3:5 “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie”
​
Lu Nieuwoudt
'n Bietjie meer
Ek woon al 37 jaar op Harrismith. Dit is ook hoe lank ek skoolhou. Ek het my man hier ontmoet. Ons het 3 kinders waarvan 2 al getroud is en die ander een woon reeds in die hemel. Ons het ook 3 kleinkinders wat vir ons baie vreugde bring. Ek is lief vir sing en speel kitaar. Ek vrek oor `n lekker massering, maar dit kan duur raak.
Ek verf, ek skryf en lees.
Ek is `n flegmaat (denneboompie), om net rustig te wees maak my tenkie vol.
​
1Kor 13 :12 Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieel en sien `n raaiselagtige beeld maar eendag sal ons
alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik maar eendag sal ek ten volle ken soos God
my ten volle ken.
​
​
Magdel Swart
'n Bietjie meer
Ek is baie vrygewig en altyd hulpvaardig. Ek is ‘n “giver”. Ek geniet dit om tyd saam met my geliefdes te spandeer, om te lees, visvang en om films te kyk.
​
Ek droom om eendag Antartika toe te gaan en om heeldag in die sneeu te speel soos 'n kind.
Ek is van jongs af lief vir kinders en wil n verskil maak
​
'Doen net jou bes en God doen die res
Psalm 23. Die Here is my helder

Marzel van der Merwe
'n Bietjie meer
Ek het onlangs mamma geword van die oulikste ou harte brekertjie en n vrou vir die wonderlikste man. Ek hou van kos maak en om te bak is vir my lekker.
Familie is vir my belangrik en ek geniet graag tyd saam hulle. Ek is baie lief vir kinders al het ek soms my uitdagings met elkeen van hulle maak hulle
die 'journey' lekker en hou hulle mens op jou tone. Ek geniet my werk ten volle elke dag, ek kry baie die vraag hoe hou jy dit?
Maar dan antwoord ek net 'as jy geniet wat jy doen is dit nooit werk nie'
Ek is verskriklike perfeksionisties en help graag waar ookal ek kan.