
Platberg
Kleuterskool
Ontmoet die span
Ons personeel is deeglik opgelei vir hul taak en het `n passie en liefde vir hul werk.

Babas
Leoni Ellis
"Vandat ek 15 was het ek uitgehelp by kleuterskole, ek het van jongs af 'n groot liefde vir kinders gehad, en altyd geweet ek kan 'n verskil in elke kind se lewe maak al is dit net liefde"
Peuters

Shaney Kalamer
Onderwys gee vir my die geleentheid om 'n verskil te maak jong lewens, deur nie net kennis oor te dra nie maar ook waardes, selfvertroue en 'n liefde vir leer.
​
Vir my is onderwys nie net 'n beroep nie, maar n roeping waarnin ek ander se toekoms kan help bou.

Gr. RRRR
Marzel van der Merwe
"Dis my passie om met kinders te werk en mens kry so lekker warm gevoel in mens se hart as jy n glimlaggie op daai gesiggie sien.
Dis lekker om n verskil in daardie klein mensie se lewe te maak."

Nadine Clark
"Ek het n passie vir kindertjies en wil graag n verskil maak in hulle lewens.
Jy leer altyd iets nuuts by hulle."

Gr. RRR
Stefnee Sheperd
"Onderwys dink ek het meer my gekies as andersom. Ek is elke dag dankbaar.
Ek wil graag n verskil in die kindertjies se lewe maak en ek geniet die onskuld en opregtheid van hulle harte. "

Gr. RR
Bia Hattingh
"Elke dag is ‘n avontuur saam met die kinders. Om die wêreld deur die oë van ‘n kind te sien en te beleef is net wonderlik. Dit is net vir my so lekker ek leef my droom uit om ‘n onderwyser te wees.
Ek het so vlammetjie wat brand hier binne my wat ek nie geblus kry nie. "

Gr. R
Lu Nieuwoudt
"Ek woon al 40 jaar op Harrismith dit is ook hoe lank ek skoolhou.
​
Ek het gekies tussen Kleuteronderwys en Drama. Ek is nie een dag spyt oor my keuse nie. Dit is my passie wat ek elke dag uitleef."

Magdel Swart
"Was altyd mal oor kinders. Wil ook graag ‘n verskil in ‘n kind se lewe maak.
​
Doen jou bes en die Here doen die res"
​

Middagsorg Senior Kant
Odette Scorgie
Ek wil 'n juffrou wees omdat ek graag 'n rol wil speel in die groei en ontwikkeling van kinders.
​
Dit le die fondament vir die kind se toekoms en ek sal baie graag wil deel wees om daai fondament so sterk as moontlik te maak.

Middagsorg Babas en Peuters
Hazel Lange
Ekt n groot liefde vir kinders !
My” Happy place” is saam met die kleuters en geniet dit om hulle as kinders te help groei en net Fun te he by die skool!
